’n Biografiese inleiding tot die denke van Teilhard de Chardin
Die dikwels omstrede verhouding tussen geloof en wetenskap word ondersoek deur die lewe, werk en denke van Teilhard de Chardin te ontleed. De Chardin, ’n Katolieke priester en geoloog, se navorsing gee unieke geestelike perspektiewe op die ontstaan van die mens.
UNIEKE VERKOOPPUNTE
- Omvattende inleiding tot die denke van die wêreldbekende geoloog en teoloog Teilhard de Chardin.
- Die eerste bekendstelling in Afrikaans van hierdie Katolieke priester se lewe, werk en denke.
- De Chardin se verbintenis met Suid-Afrika.
- De Chardin se unieke siening en teologiese verstaan van evolusie.
- Die bydrae van verskeie paleontologiese ontdekkings en hoe dit die ontstaan van die mens raak.
- Geskryf deur ’n bekende en bekroonde teoloog.
SKRYWER
Prof Jaap Durand is ’n gerespekteerde teoloog en skrywer. Hy het verskeie teologiese werke geskryf, baie pryse en toekennings vir sy werk ontvang, asook eredoktorsgrade van verskeie universiteite.
TEIKENMARK
- Volwasse lesers met ’n belangstelling in die verhouding wetenskap en geloof.
- Predikante, lidmate, studente, ingenieurs, geoloë, teoloë, medici.
- Belangstellendes in die verhouding mistiek en geloof.
- Populêre wetenskap-lesers.
INHOUD
Hoofstuk 1: Geloof en wetenskap: Waarom Teilhard de Chardin?
Die swerwende monnik
Hoofstuk 2: Die priester uit Auvergne
Hoofstuk 3: Radikaal mistieke denke uit die loopgraaf
Hoofstuk 4: Eerste Chinese ballingskap
Hoofstuk 5: Le milieu divin
Hoofstuk 6: Sinanthropos ontdek
Hoofstuk 7: Die Geel Ekspedisie
Hoofstuk 8: Navorsing in die Ooste
Hoofstuk 9: Ballingskap tydens die Tweede Wêreldoorlog
Hoofstuk 10: Suid-Afrika in die visier
Hoofstuk 11: Wieg van die Mensdom
Hoofstuk 12: Nog eens ’n banneling
Hoofstuk 13: “Om goed te kan sterf”
Hoofstuk 14: Teilhard de Chardin: ’n eietydse profiel
Hoofstuk 15: Die visioen van Teilhard de Chardin
Naskrif
Hoofstuk 16: Skepping en evolusie
BOEKBESONDERHEDE:
Aantal bladsye: 336
Kategorie: Biografie / Teologie / evolusie
ISBN: 978 0 86487 7055
Verkoopprys:R169,90